Skip to main content
Tag

kalkoonde wedding

Kalkoonde Wedding

Die Kalkoonde Wellington Wedding

By WeddingNo Comments

Kalkoonde Wedding

Hoe ons ontmoet het:

Soetes en Sop fees  2016 was die groot ontmoeting, alles te danke aan my strooimeisie, Amore Smith, en JE se se strooijonker, WJ Smith.  Min wetende dat dit die begin van ons sprokie verhaal was.  Kort na die fees was dit tyd vir huisdans en ek het ‘n date gekort. Ek dink toe dadelik aan JE en het my moed bymekaar geskraap en hom gevra (natuurlik het ek die eerste move gemaak).Weens sport verpligtinge kon hy dit nie maak nie  –   ek dink hy het “hard to get” gespeel. Hy was seker maar jaloers, want na die dans het die geskenkies en verrassings ingestroom. Dis toe waar ons besef hier was iets aan die broei, iets spesiaal, iets wat vir ewig kan hou.

Wat my na JE aangetrek het –  JE het ‘n rustigheid op hom wat my definitief na hom aangetrek het.  Hy het ook so lekker droë sin vir humor en laat my lag!  Ek kan myself wees en hy aanvaar my ten volle.

Wat het JE na my aangetrek – Wie kan nou nie van daai bos krulle hou nie. Haar sag geaardheid, omgee vir ander en hoe sy die klein die dingetjies van die lewe waardeer is van haar mooiste eienskappe.

Hoe Covid-19 ons Troue beinvloed het:

4 April 2020 was die groot dag gewees, wel dit was die plan. Weens Covid-19 was die land 2 weke voor die troue in ‘n hard lockdown geplaas en ons was gedwing om uit te stel (wat ‘n terugslag was dit nie). Ons nuwe datum was 12 September 2020 met die hoop dat dinge teen daardie tyd sal kalmeer. Weereens moes ons uitstel. Einde Julie het ons besluit om 7 Augustus 2020 ‘n intieme troue te reël, want hoekom wag, ons altwee weet wat ons wil hê! Binne twee weke het ons ‘n troue gereël en daar was slegs 10 gaste.  Meer perfek kon ons nie voor vra nie.  Ons wou nog steeds ons troudag vier saam met ons familie en vriende wat nie ons klein intieme troue kon bywoon nie. 26 Maart 2021 was die groot herbevestiging aan ons naaste familie en vriende, en wat ‘n dag was dit nie!

Hoe het ons ons fotograaf ervaar?

Landi van Organictales was ons fotograaf van dag een af. Ons het al meer as ‘n jaar, vanaf September 2019, ‘n pad saam met haar gestap.  Sy het ons verlowingsfoto’s geneem.  Ons was baie opgewonde vir ons trou foto’s en kon nie wga nie.  Min wetend dat ons ‘n jaar en 3 maande nog moes wag daarvoor as gevolg van Covid-19.  Sy was baie tegemoedkomend deur die hele proses.  Wat haar werk aanbetref – asemrowend en uniek, ons kon nie vir beter vra nie!  Sy het ons al twee op ons gemak laat voel. Dit was ‘n voorreg om haar as ons fotograaf te hê om ons spesiale dag vas te vang.

Mees memorable oomblik van die troue:

JE – Wel natuurlik toe die Majo, my bruid, haar verskyning gemaak het.  Majo – vir  my was dit ongelooflik om weer by ‘n paadjie af te stap, om met dieselfde man weer te trou en vir ‘n tweede keer my man te sien ‘n traan pik.  Dit was so mooi en spesiale dag.  Wat dit soveel meer spesiaal gemaak het was dat ons kans gehad het om ons eie vows vir mekaar te lees voor familie en vriende.  Maar ons moet bieg die weer was besonders in ons guns. Die oggend opgestaan met ligte drizzle reën wat moontlik dinge kon ontwrig het aangesien 90 % van die onthaal in die buitelig was. Genadiglik het dit gestop en gesorg vir een van die mooiste lugskoue wat elke oomblik perfek kon raakvang.

Honeymoon:

Aanvanklik was ons honeymoon gebook en betaal vir Mauritius in April 2020. Natuurlik met Covid 19 kon dit nie realiseer nie. Gelukkig is die pakket nog geldig vir toekomstige gebruik. Ons moes improviseer na ons intieme troue die 7de Aug 2020. Op kort kennisgewing kon ons plek by Botlierskop private game reserve in die Wes-Kaap kry aangesien ons nog nie provinsies kon oorsteek nie. Wat ‘n belewenis was dit nie. Om net weg te kom van die chaos in ons land, en in ons eie bubble die lewe te kon geniet. Gelukkig kan ons nog uitsien na ‘n wegbreek na Mauritius wat vir ons wag.

Raad wat ons aan ander couples sal gee:

Moenie twyfel nie! Al doen julle ‘n intieme troue, gaan voluit. Op die dag van jou troue moet jy nie jou bekommer oor klein dingetjies nie of selfs die weer nie, want alles sal presies uitwerk soos dit moet en net perfek wees!

 

Vendors:

PLEASE DO NOT COPY OR SCREENSHOT FROM THIS SITE. A DOWNLOAD LINK TO THE FULL GALLERY WILL BE AVAILABLE SOON.

Venue: Kalkoonde – http://www.diekalkoonde.com/

Rok: Calegra Bridalhouse Cape Town – https://www.calegra.co.za/

MUH: Evelyn Francis MUH – http://www.evelynfrancis.co.za/

Koek: Carmen Eksteen Patisseries – https://www.facebook.com/carmeneksteenpatisseries

Catering: Wild Boar Catering

Dj: DJ Dirkie – https://www.facebook.com/DJDirkie

Juwele:

Ring en pêrel armband – Carine van Zyl, Riebeek Kasteel – https://www.facebook.com/carine.vanzyl.9/photos

Oorbelle – Jeanne&Co – http://www.jeanneandco.com/

Blomme: Floralaffairs – https://www.facebook.com/floralaffairsbyjolize

Dekor: 
Gehuur by N’Concept and Designs – http://www.nconceptsanddesigns.co.za/

Floralaffairs – https://www.facebook.com/floralaffairsbyjolize

Strooimeisie rokke: Hoiden – http://www.hoiden.co.za/

Mans dasse: HIS Apparel – http://hisapparel.co.za/

 

Fotografie & Videografie: ORGANICTALES